|
|
AANDLIED
VAN DIE VOëLS
Trad
- Select Musiek
Die rose se geur,
Vul die nag om ons heen
Geen aand windjie steur
Waar die wilger se lower ween
My skat, slaap sag
Slaap soet en sag
My skat die nag
Hou tot die dag oor jou sluimer wag
Die aand klokke klink
Deur die skemer se rus
die sterretjies blink
Wyl die maan al die berge kus
My skat slaap nou sag,
slaap nou soet teer en sag,
my skat deur die nag
hou ek wag tot die dag
In droomland sal jy
weet ek is steeds naby
en steeds aan jou sy
tot die dood sal ek nog bly
Slaap nou sag - deur die nag - wyl ek wag - tot
die dag
Slaap nou sag - deur die nag - wyl ek wag - tot
die dag
|