DAAR'S
GEEN KOS IN DIE HUIS D Santa Vorster met
Charles Jacobie-
Gallo
Sussie sê sy's honger,
Boetie sê hy's honger ook
As Pappie nie 'n werk gou kry
Weet ek nie wat ons gaan doen
Want daar is geen kos in die hys
Ja daar is geen kos in die hys
My Pappie is baie bekommerd
Vandat hy glad nie meer werk
Ek vra wat is daar vir ete
Nou vra ek maar nie meer
Want daar is geen kos in die hys
Ja daar is geen kos in die hys
Pappie werk nie nou nie
Twee maande en een dag
Moeder het niks te sê nie
Want sy is al moedeloos
Iets moet nou met ons gebeur
Ietsie baie gou
Die kinners is baie honger
Ons weet nie hoe lank ons sal hou
Want daar is geen kos in die hys
Ja daar is geen kos in die hys
Die mense van die kerk kom kuier toe
En bring vir ons hun mandjie kos
Hulle het van ons nood gehoor
Baie dankbaar is ons daarvoor
Want nou is daar kos in die hys
Ja nou is daar kos in die hys 3 x
Daar
is kopiereg op die kiekies, woorde, wysies en prentjies van hierdie
whepsaait. Jy moet vra voordat jy dit misbruik of verkoop, anders
meet ons jou!