| |
DIE GOUDSTAD
LIGGIES
Sisk Ray
Sisk Music
Die Goudstad liggies brand
so helder,
Wyl die winterwindjie saggies huil
Daar was 'n moeder en haar kindjie
Hulle moes daar in die subway skuil
Haar man het haar so sleg behandel
Hy het haar bitterlik geslaan
toe sy vir hom die rede vra
word sy die huis uit weggeja
Geen skuilplek kon hul nęrens vind nie
In die Goudstad wyd en o so groot
En voor die ander dag se môre
was die moeder en haar kindjie dood
En hier's 'n les vir elke man, nou
Om jou vroutjie altyd te waardeer
Want voor die ander dag se môre
Was die moeder en die kind nie meer!
|