DIE
GRAF VAN MY LIEFLING A Trad - Select Musiek
Ek staan hier by die graf van my liefling
Met kranse van blomme omring
Ek bekyk die bleek gelaat van my liefling
En fluister dan saggies aan haar:
Praat tog met my kleine liefling!
Open jou oë vir my
Deur trane van rou moet ek jou nou aanskou
En ek dink aan jou oë so blou
Praat tog met my kleine liefling!
Open jou oë vir my
Deur trane van rou moet ek jou nou aanskou
En ek wens ek lê lepel met jou.
Daar
is kopiereg op die kiekies, woorde, wysies en prentjies van hierdie
whepsaait. Jy moet vra voordat jy dit misbruik of verkoop, anders
meet ons jou!