| |
DIE HARTSEERWALS
Trad/André Viljoen - Select Musiek
Ek vra jou om met my weer
saam te wals
Op die maat van die laaste dans
Nog eenkeer saam voor ons vaarwel moet sê
Op die maat van die ou hartseerwals
Sy melodie het onse harte saam gebind,
liefdes geluk het ons gevind
Net voor ek hier van jou moet afskeid neem
dans met my weer die ou hartseerwals
Eens het my hart na jou gesoek
in liefde teer het ons ontmoet
Nou is dit tyd om vaarwel te sê
op die maat van die hartseerwals
Instumentaal
Sy melodie het onse harte saam gebind,
liefdes geluk het ons gevind
Net voor ek hier van jou moet afskeid neem
dans met my weer die ou hartseerwals
Eens het my hart na jou gesoek
in liefde teer het ons ontmoet
Nou is dit die tyd om vaarwel te sê
op die maat van die ou hartseerwals
|