|
|
 |
Luister na 'n uittreksel
van die liedjie |
| |
JUFFROU
JANSEN D
Unknown - Unknown
Ons is die juffrou Jansens, ons woon in nommer 4.
Die mense't ons gevra en daarom sing ons hier.
Ons het geen man, geen kind geen kraai,
Geen koei, geen perd, geen papegaai,
Maar ons, ons kom allenig, so moedersiel alleen.
Ons kom toe by 'n huis met baie kinders in.
Die ooievaar die vlieg daar telkemale in.
Hy bring eers vier en toe weer drie
en toe kom ons twee ook nog mee,
Maar ons, ons kom allenig, so moedersiel alleen.
Ons dog toe as ons hier sing, sal 'n jonge heer
Vir ons wink en sê: ag kom tog met my mee?
Ons sal dan bloos en sê: meneer
Maar neem ons mee, maar neem ons mee!
Want ons, ons kom allenig, so moedersiel alleen.
|
| |
 |
|
|
|
|