DIE
LIG IN DIE VENSTER Roberts/Jacobsob
EMI Music/Dominion Music Ltd
Daar's 'n lig wat daar skyn in die venster In
ons huisie daar onder in die vlei En
ek weet dat my moeder nou daar wag Want
ek weet sy verlang nog na my! As
die lig daar so brand in die venster Dan
weet ek ek dis geplaas daar vir my Om
my altyd waar ek ook mag swerwe Veilig
deur die gevare te lei
In die lig van die lamp sien ek haar sit As
sy wieg in haar stoel heen en weer
En ek weet as sy so sit dan wag sy Dat
ek eendag na haar terug moet keer. As
die lig daar so brand in die venster Dan
in drome gaan ek na my huis Want
ek verlang na haar en haar liefde
En ek hoop dis die end van my reis
En so brand die ou lamp in die venster En
geduldig wag sy nog op my. Ontmoet
ek haar nooit weer hier op aarde In
die hemel sal ek haar weer kry
Daar
is kopiereg op die kiekies, woorde, wysies en prentjies van hierdie
whepsaait. Jy moet vra voordat jy dit misbruik of verkoop, anders
meet ons jou!