|
Hy
was op sy dag 'n haan onder die henne, maar na
sy soveelste liefdesteleurstelling het hy besluit
dat die ontslapenes meer getrou is as die lewendes.
Hy
wou bitter graag predikant word, maar daar was
ongelukkig nie geld vir studies nie.
Niemand
weet dit nie, maar die Ondernemer is steeds op
soek na 'n meisie met wie hy diepe gesprekke kan
voer.
Hy
sal haar graag op 'n lappie groen gras tussen
die sipresse die hande wil ople sodat sy van alle
ander mans vergeet.
E-pos:
ondernemer@grafsteensangers.co.za
|