|
Die
Weduwee se rowwe broer is deur sy pa Groot Gert
Poggenpoel onterf omdat hy nie in boerdery belang
gestel het nie.
Die
erfplaas is na vier geslagte in vreemde hande.
Hy
het op sestien skool verlaat en by die vloot aangesluit.
Hy het die węreld gesien, maar sy rowwe natuur
is getem deur 'n tikster in die Staatsdiens en
hy werk nou doodgelukkig van agt tot halfvyf.
Hy
slaap elke aand in sy eie bed.
Die
groot liefde in sy lewe is sy moeder. Sy rowwe
reputasie loop hom vooruit deurdat slegte meisies
vanaf die platteland tot in die Uniegebou van
hom skinder.
Hy
is gek na ou rolprente en opgewarmde Zephyrs.
E-pos:
broer@grafsteensangers.co.za
|