|
Die
ander mooi Poggenpoel-suster wat eerder vir geld
as vir liefde getrou het. Sy is die moeder van
'n stout seun, maar sy wil nie een slegte woord
oor hom glo nie. Net so glo sy nie dat haar man
by die haarkapster op die buurdorp kuier nie.
Sy
beskou haarself as preuts maar net tot haar man
op die naburige dorp gaan kuier en Toets van Boorgate
"toevallig" aan die voordeur klop. Sy laat haar
baie maklik verlei deur 'n creamsoda float en
'n "close" dans op Bapsfontein.
|