| |
DIE SWARTOMLYNDE
BRIEF
Roy Carter/Verw: Vos PeerMusic/Southern
Music
Gistermôre toe
ek by die venster
uitkyk Van alle
sorg en kommernisse vry
Sien ek hoe die
posman langs die paadjie afry
So opgeruimd het
hy gelyk en bly.
Ek kan hoor hoe
hy gefluit het gistermôre
Toe hy die tuinhek
binnetree
Maar hy't niks geweet
wat hy my sou beswore
Toe hy my die swartomlynde
brief kom gee
Hy lui die klok
en wag totdat ek uitkom
En hy sę: "Dis 'n
brief vir u, meneer."
Maar hy't niks
geweet wat ooit daarin sou voorkom
Toe hy my die swartomlynde
brief kom gee
Met hand wat bewe
neem hy daardie briefie
Hy skeur dit oop
en dis wat hy toe lees
"Kom terug my seun!",
So skryf sy vader aan hom
"Kom terug my seun,
jou moeder is nie meer!"
Die laaste woorde
wat sy ooit gespreek het
was: "Skryf vir
hom dat hy terug moet keer".
Terwyl ek hierdie
swartomlynde brief lees Is my oë blind,
my hart so bitter
seer!
|