|
Mnr
Toets van Boorgate is 'n opportunis en swendelaar
van onbekende beroep. Hy glo hy is onweerstaanbaar
vir die teenoorgestelde geslag en ongelukkig het
menige vrou al geswig voor sy kontinentale sjarme.
Hy reis dikwels tussen Ha'mansetoti en die ou
Transvaal. Waarom hy elke drie maande 'n draai
in die Kaap gaan maak, weet niemand nie.
Dit
verg fyn beplanning en akkurate verdeling van
die Los Hollander se tyd wanneer hy al sy katte
in die donker wil knyp, aangesien dit 'n kattestrofe
kan afgee indien die verskillende partye van mekaar
uitvind. Hy ruim wel tyd in vir los gelukkies
en plant van aartappelmoere.
|