|
In
haar soeke na ware liefde het die Weduwee ook
nie elke keer die kansel gehaal nie. Die tweelingdogters
is 'n ewige herinnering aan die traveller wat
skielik werk in 'n ander provinsie bekom het.
Die dogters is stadig, maar vorder goed op die
huishoudskool. Hulle wil altwee graag in die hair
en beauty salon op die dorp werk.
Die
een tweeling wil graag eendag kook en geniet maar
haar moeder het haar gemaan dat sy moet trou voordat
sy kan geniet. Intussen skil sy graag aartappels
en luister na grootmenspraatjies in die kombuis.
Sy
kan ook nie wag vir die dag wat die klynneef haar
met sy voëlrek klits nie.
E-pos:
s23266776@tuks.co.za
|