|
In
haar soeke na ware liefde het die Weduwee ook
nie elke keer die kansel gehaal nie. Die tweelingdogters
is 'n ewige herinnering aan die traveller wat
skielik werk in 'n ander provinsie bekom het.
Die dogters is stadig, maar vorder goed op die
huishoudskool. Hulle wil altwee graag in die hair
en beauty salon op die dorp werk.
Die
ander tweeling wil graag soos haar Moeder eendag
groot word om ook 'n weduwee te kan word. Sy is
tevrede dat sy net vir 'n rukkie met 'n hele klomp
mans liefde en geluk sal kan smaak, net solank
sy ook gedek word met 'n polis.
|