VER
IN DIE OU KALAHARI Danie Pretorius - Carstens
de Waal
Ver in die ou Kalahari
Daar sing die boere so
Gee my die ou Kalahari
Die ou Kalahari bo
Wyd lê jou eindlose vlaktes
Kameeldoringboom en sand
Eensame, vreedsame wêreld
Dis die ou Kalahariland
Sonbesies sing in jou bosse
Die hittige son te versmaai
Rooi Afrikanerosse
Sien jy om elke draai
Vêr in die ou Kalahari
Tot daar by die Molopo
Gee my die ou Kalahari
Die ou Kalahari bo!
Instrumentaal
Ver in die ou Kalahari
Daar sing die boere so
Gee my die ou Kalahari
Die ou Kalahari bo (x 3 al hoe sagter)
Daar
is kopiereg op die kiekies, woorde, wysies en prentjies van hierdie
whepsaait. Jy moet vra voordat jy dit misbruik of verkoop, anders
meet ons jou!