WAAR
IS MOEDER NOU? C
Pitzer Susters Trad - Select Musiek
Ag sê my waar is Moeder nou?
U lyk so treurig Vader lief
Het u my nie beloof te sê
Te wysen waar haar liggaam lê
Hul
sê sy rus nou in die stof
En ek ontmoet haar daar met lof
Is dit dan nie te veel gevra
Om saam met u die las te dra? Sy
was altyd ons bron van hoop
Voor ons die plasie moes verkoop
Nou sit ons hier in Braamfontein
En ek moet arbei op die myn
U sê sy rus by die sipres
Met doodskleed aan en al die res
Want as die dood vir jou kom haal
Dan het die bose mag gefaal
KEY CHANGE D
Ek weet nou waar is Moeder nou
En daarom het ek geen berou
Ek kan nou self die smal weg loop
My siel sal ek nie hier verkoop
Daar
is kopiereg op die kiekies, woorde, wysies en prentjies van hierdie
whepsaait. Jy moet vra voordat jy dit misbruik of verkoop, anders
meet ons jou!