| |
Aangesien die Weduwee se oorlede man(s) nou
nie meer vir die "regmaak" van dingetjies
wat in en om die huis verkeerd loop (of breek)
kan sorg nie, het sy dit goedgedink om maar iemand
aan te skaf wat hiervoor verantwoordelik is.
Toevallig loseer daar `n jongman wat in die gebied
spesialiseer. Hy was in `n tegniese skool waar
hulle hom geleer het van "lektrisiteit en
draadlosens". Hy het egter in St. 8 die
skool verlaat as gevolg van die tekort aan meisies.
Daarna is hy tegniese kollege toe om te spesialiseer
in klankkunde (sound and ...) hy kon nooit die
verskil tussen "lighting" en "lightning" onder
die knie kry nie, maar weet dat dit nie die een
is wat met bliksem te maak het nie, maar met
die op-en-af en af-en-aan. Hy staan ook as die "Boarding
beetle" bekend.
|
|